Venezuela heropen Columbië grens

Die diktator, president Nicolas Maduro van Venezuela het die afgelope naweek geswig onder die druk van sy eie ondersteuners wat gebrek lei, en die grens met Columbië oopgestel.

Die grens is in Februarie gesluit en kon inwoners nie  na Columbië beweeg om noodsaaklike lewensmiddele te koop nie vanweë die winkels en apteke in Venezuela se dolleë rakke.

Maduro het die grense met Columbië, Brasilië en die Nederlandse Eilande gesluit om te voorkom dat die opposisieleier, Juan Guaido se projek om uit ander lande lewensmiddele beskikbaar te stel, sou slaag.

Guaido het vragmotors met lewensnoodsaaklike voorraad ontvang in Columbia, en uit die VSA is vragvliegtuie, gelaai met voorraad, verhoed om die land binne te gaan.

Met die oopstelling van die grens, het inwoners gestroom na Columbië waar hulle alle benodighede kon bekom.

Opposisieleier Juan Guaido het intussen aangekondig dat sy party nie langer sall; deelneem aan die onderhandelings wat in Noorwee aangebied is nie. Hy sê die vorige sessie het getoon dat geen vordering gemaak is nie, en nou ook nie positiewe rsultae sal lewer nie.