Vat departementele geboue lokasie toe

Stemme het reeds opgegaan dat die ANC moet wegbeweeg met die geboue van die verskillende departement, en dit verskuif na die swart woongebiede in die land.

Die aktiviste sê dit het tyd geword dat die ANC uit die apartheid sentrums moet weg beweeg na waar die meerderheid mense woonagtig is.

Ondersoek het egter getoon dat die ANC regime baie dekades lank sal sukkel om aan die oproep gehoor te gee, want daar bestaan so baie plakkerskampe en informele woongebiede wat ook aanspraak sal maak, dat dit ’n onbekostigbare verskuiwing sal beteken.

Waarnemers wys daarop dat die verskuiwing van meubels en toerusting, miljarde rand sal beloop, en die geboue wat opgerig moet word is reeds meer as wat die land kan bekostig, word gesê.

Kenners reken die nuwigheid is nie haalbaar nie, want die ANC spartel reeds 25 jaar om die parlement na Transvaal te verskuif, maar deins terug vir die reus bdrag wat dit sal beloop.