Uitstaande Eskom rekeninge

Terwyl Eskom in finansiële moeilikheid is en kort-kort deur die staat uitgehelp moet word met nog lenings p om aan die gang te bly is uitstaande elektrisiteits rekenings besig om maandeliks toe te neem.

Soweto inwoners alleen skuld die entiteit R18 miljard, ‘n verhoging van R3 miljard in die afgelope 12 maande. 

Die tendens speel hom af in alle swart woonbuurte waar verbruikers of net weier om hul rekeninge te betaal of onwettig krag koppel, en sodoende hul self help aan krag.

Pogings om vooraf-betaalde krag meters te installeer word deur geweldadige betogers voorkom.  Oproepe om rekeninge te betaal val op dowe ore terwyl  gewone verbruikers in dorpe en stede se krag afgesny word sodra hul agterstallig raak. 

Hierdie kultuur van nie-betaling deur sekere inwoners van die land is besig om die ekonomie te kniehalter en beklemtoon die onvermoë van die regering, plaaslik en nasionaal, om teen persone op te tree wat die wet oortree.