Twitter verloor duisende gebruikers

Meer as 200,000 gebruikers van Twitter het die diens verlaat en hulle rekenings gesluit om oor te beweeg na die pro-Trump se Parker sosiale netwerk.

Die grootste aantal gebruikers is uit Saoedi Arabië wat glo gefrustreer is omdat hulle nie “vryheid van spraak” geniet in die Twitter kanaal nie.

Klaarblyklik is die sosiale netwerk Parker veel meer ingestel op die vryheid van spraak vir sy gebruikers, en die jongste oorlopery het die meer onbekende netwerk ’n aansienlike hupstoot gegee.

Parker het begin om vas te stel wie die nuwe gebruikers is, en was verbaas om te hoor dat die grootste aantal nuwelinge uit Saoedi Arabië is.

Voorheen is Parker hoofsaaklik deur pro-Trump ondersteuners gebruik, maar die nuwe tendens  dui daarop dat Parker ’n aansienlike toeloop kan verwag van gebruikers wat vryheid van spraak so hoog aanslaan.