Turkse president verloor Istanboel

President Tayyip Erdogan van Turkye het na 16 jaar in die regering stoel, sy belangrikste geboed verloor toe die 10 miljoen kiesers se meerderheid teen hom gestem het.

Die afgelope naweek se herverkiesing in Istanboel is ’n harde slag vir president Erdogan, en dit kan lei tot ’n vervroegde algemene verkiesing.

Erdogan se party het in die Maart verkiesing, Istanboel met 13,000 stemme verloor, en gesê die verskil is te klein en ongerymdhede as rede vir die nederlaag voorgehou.

Uiteindelik is beslis dat ’n tweede verkiesing in Istanboel gehou moes word, maar die verkiesing het die president se vernedering net soveel groter gemaak.

Ekrem Imamoglu, die kandidaat van die Republikeinse Volksparty het reds voor al die stemme getel is, voorgeloop met 54% teenoor die 45% van die regerende party.

Met die tweede stemming het die Republikeine met meer as 800,000 stemme geseëvier oor die president se party.