Trump oorwinnings, Demokrate se kwelling

Sedert 2016 is die vêr linkse Demokratiese Party in Amerika daarop ingestel om President Donald Trump te diskrediteer by kiesers en in die buiteland.

Die fop nuus wat deur die CNN televisie gebeeldsaai is, het die een na die ander poging laat boemerang, en nou is daar kommer in die linkse kamp dat regs optrede die een na die ander inisieerder gaan ontbloot.

Die linkse media het glo in hulle jongste aanslag teen Trump, probeer om saam te span en sy optrede verdag te maak met sy week lange besoek aan Europa.

Een verslaggewer sê die media het ooreengekom om so min as moontlik oor Trump te berig, behalwe as daar negatiewe gebeure is wat opgehemel kan word.

’n Verslaggewer wat afgedank is omdat hy positief oor Trump verslag gegee het, sê die president het op D-Dag ’n skitterende toespraak, wat as sy beste ooit bestempel word,  gelewer voor ’n uitsoek gehoor, maar die media het feitlik niks daaroor uitgesaai nie.

Intussen word die ondersoek in die VSA voortgesit oor wie die brein agter die swartsmeerdery en verdagmakery is, wat waarskynlik ernstige vervolging in die gsig sal staar.