Trump en Xi vergader by G20 beraad

President Donald Trump se skedule is gereël om die Sjinese president, Xi Jinping te ontmoet tydens die G20 beraad.

Die beraad wat in Osaka, Japan gehou word, is as geleentheid geskep waartydens die twee leiers mekaar Saterdag sal ontmoet.

Na verwagting sal dialoog gevoer word oor die heersende handelsoorlog tussen die twee lande, en sal ’n moontlike oplossing gevind word wat beide lande kan aanvaar.

President Trump het egter voorheen te kenne gegee dat hy nie berid is om veel toegewings te maak nie, en het ook bygevoeg dat dit ’n oorlog is wat die VSA sal wen.

Die ganse wêreld hou asem op dat die bilaterale ontmoeting ’n einde sal bring aan die handelsoorlog wat alle ander lande op ekonomiese gebied nadelig beïnvloed.