Tongaat aandele gevries

Tongaat Hulett

Die raad van Tongaat Hulett het gevra dat hul op die JEB opgeskort moet word hangende ‘n  ondersoek. Dit volg na daar ‘n vertraging was in die publisering van die maatskappy se finansiële resultate.  

Die raad het bekend genaak dat die resultate nie betroubaar is en dat  die resultate weer hersaamgestel gaan word en eers in Oktober bekend gemaak sal word.

‘n Forensiese ondersoek is tans aan die gang  terwyl die raad gaan poog om die maatskappy se sake in orde te kry.  Is hier ‘n “Steinhoff” rokie? Ekonome praat van ‘n korporatiewe skandaal wat broei.