Switserland: Duisende vroue betoog oor regte

Honderde duisende vroue in Switserland het die naweek deelgeneem aan ’n optog om die land se mans bewus te maak van die reg van vroue om gelyke behandeling te geniet.

Die vroue het in hulle duisende regoor die welvarende land die mense bewus gemaak van Switserland se swak rekord oor vroueregte.

In Zurich, die land se ekonomiese en finansiële hoofstad, het tienduisende vroue met oorgawe gestap soos wat die stad 28 jaar gelede laas gesien het.

Met baniere, slagspreuke en fluitjies, het die stad baie bewus geword van die vroue se verset, en talle plakkate met ’n strekking soos “Mans, gaan doen die strykwerk”, was oral te sien.

’n Woordvoerder van die vroue het aan die media gesê dat gaan nie net oor lone nie, maar ook oor gelyke geleenthede vir almal, en dit behoort gereed gemaak te word vir die opkomende geslagte.