Swart Bestuur Forum se vreemde versoek

Die Swart Bestuur Forum (BMF)  het die lagwekkende versoek gerig aan swart uitvoerende bestuurslede om nie aansoek te doen vir senior posisies by staats beheerde entiteite nie. 

Dit kom na die bedankings van SAA se Vujani Jarana en Evkom se Phakamani Hadebe die afgelope week.  Daar moet volgens BMF ‘n duidelike raamwerk opgestel word vir die openbare instellings.  Die Forum verklaar dat staats entiteite tans ‘n “slagpale” is vir “opgeleide swart leiers en uitvoerende bestuurders” aangesien  faktore buite hul beheer veroorsaak dat hul nie hul werk kan verrig nie.  Die regering moet glo ook kyk na die strukture en  befondsings modelle van die entiteite wat tans swaar kry.  Voor 1994 was SAL, Spoornet, Denel, Die Poskantoor, Krygkor, Evkom, noem maar op , winsgewende entiteite wat op die voorpunt gestaan het rondom nuwe ontwikkeling en bestuur van sake.  Na 1994 het bestuurs personeel vergeet van woorde soos instandhouding en  beheer van fondse. Bedrog en korrupsie  was eerder aan die orde van die dag by die sg. politieke aanstellings by die entiteite. Dit getuig die Staatskaping ondersoek wat tans aan die gang is en seker nog vyf jaar gaan sit om al die bedrog te ontrafel.  Van wie?

vdm