Swak regering rede tot mislukking

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het met ’n 20 senior beamptes van ondernemings soos Eskom en SA Lugdiens vergader om te verneem wat die knelpunte is.

Die senior hoofde het glo die gaping geneem om hulle eie onskuld te beklemtoon deur die blaam van die mislukking in hulle onderskeie entiteite te plaas op swak regering, verouderde stelsels, en politieke inmenging.

Die vergadering met die ANC se president volg nadat die Hoof Uitvoerende Beampte van die SA Lugdiens bedank het.

Die president se gesprek is gevoer met die staatsbeheerde maatskappye, wat oor die algemeen uiters swak vaar op ekonomiese gebied.

Instansies soos Denel wapenvervaardiger, die SABC, Eskom en SAL is van die instansies wat telkens in die kalklig kom weens hulle swak ekonomiese prestasies.