Steve Hofmeyr kap Mandela

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr, die bekende Afrikaanse sanger, het die afgelope paar dae weer gevaarlik geraak met sy opmerkings op Twitter en nie gehuiwer om die ambassadeur Mandela hard aan te spreek nie.

In ’n woordestryd het hy Mandela, en die DA se Van Damme mooi laat verstaan dat hy ’n belastingbetaler is, en daarom sal hulle verplig wees om sy bevele te gehoorsaam.

Hy het in ’n Twitter opmerking gesê hy is as belastingbetaler, hulle baas, en daarom sal hulle spring as hy sê spring, en hulle sal vra hoe hoog moet hulle spring.

Steve se aanval op die twee volg nadat die Mandela uitgevaar het op die sosiale netwerk teen blankes, wat ook meegebring het dat verskeie instansies geëis het dat die Mandela afgedank word.