Soedan opposisie weier gesprek met militariste

Nadat onluste ’n hoogtepunt in die Soedan bereik het teen die “bewind” van die militariste, en hulle alle ooreenkomste met die opposisie party as gekanselleer beskou het, is die land geteister met hernude gewelddadige optogte.

Donderdag het die militêre regering sy nuwe plan bekend gemaak en sê hy wil met die opposisieleiers dialoog voer, maar die opposisie het die aanbod verwerp.

Die opposisie eis ’n demokratiese verkiesing, en weier om met die onbetroubare militariste te onderhandel nadat meer as 50 mense omgekom het en meer as ’n honderd beseer is tydens opposisielede se botsing met die polisie.

Opposisielede aanvaar ook nie die militêre mag se aanbod dat ’n verkiesing oor sowat nege maande gehou gaan word nie, en verwag dat die verkiesing binne twee maande gehou word.