Soedan onluste duur voort

Onluste deur anti-militariste het skerp toegeneem om beswaar te maak teen die tussentydse militêre regering in Soedan.

 Dit volg nadat die militêre regering aangekondig het dat alle ooreenkomste met die pro-demokratiese opposisieparty se protesteerders gekanselleer is.

Die ergste gewelddadige botsings tussen die protesteerders en die polisie sedert die afsetting van Omar al-Bashir as president, het die afgelope week losgebars.

Meer as 110 mense het beserings opgedoen en 35 het omgekom is die maand lange verset deur die burgerlikes wat eis dat demokratiese verkiesings gehou moet word.

Die militêre rgering, wat aanvanklik drie jaar wou regeer voor ’n demokratiese verkiesing gehou word, het uiteindelik geswig, en onderneem dat ’n verkiesing binne nege maande gehou sal word.