Skrikwekkend: Seksueel oordraagbare siektes

Die Wereld Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies het gewaarsku dat meer as een miljoen gevalle van seksueel oordraagbare siektes elke dag in die wêreld versprei word.

Die VN se gesondheid afdeling wys op die gevaar en sê dit is ’n “wekroep” in die tyd waar paartjies afsprake maak met selfoon applikasies.

Die Wereld Gesondheid Organisasie het gemeld dat ’n gebrek aan vordering met bestryding van die verspreiding van seksueel oordraagbare siektes ondervind word, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan afspraak applikasies wat deesdae maklik bekombaar is.

Talle soorte oordraagbare siektes word op die wyse versprei waarvan HIV en is en nou wêreldwyd versprei word.    

Deskundiges wys daarop dat die voortgang van verspreiding teen so ’n geweldige tempo, die risiko meebring dat daar uiteindelik ’n baie klein persentasie jongmense is wat “skoon” bly aangesien die toestand reds toon dat een uit elke 25 mense op aarde minstens een van die siekte toestande opgedoen het.