Skoliere se wisseling in ouderdom

In die vorige bedeling het kinders, of te wel skoliere,  hul skool loopbaan voltooi wanneer hulle die ouderdom van 18 of 19 bereik het.  

Met die Departement van Basiese Onderwys se beleid dat geen leerder meer as twee jaar in ‘n standard of graad mag bly nie,  beteken dit dat sou  ‘n leerder die sekondêre skoolfase betree teen die ouderdom van vyftien, hy of sy teoreties nog op 25-jarige ouderdom op die skoolbanke kan sit.  Skole is die week opdrag gegee dat geen leerder uitgeskop kan word weens sy ouderdom nie. 

Dit volg na die soveelste geweld by skole plaasgevind het. ‘n 19-jarige graad 11 leerling het ‘n 18-jarige mede-skolier in graad 8 by Forest High School met ‘n mes dood gesteek. 

Bekende opvoedkundiges wys daarop dat die openbare skole nou ’n gevaarlike plek is vir kinders, en dat ouers moet besef dat hulle steeds verantwoordelik bly vir hulle kinders se opvoeding en veiligheid.