Skole kry selfverdediging klasse

’n Begin is gemaak om selfverdediging klasse aan te bied by skole in die lig van die toenemende geweld op mede skoliere.

Dit volg nadat die messteek geweld ’n skerp toename getoon het in die afgelope maande, wat die aanvanklike bewerings dat misdaad by skoliere en skole nog “altyd ’n probleem was”, die nek inslaan.

Die sogenaamde selfverdediging lesse wat aangebied word, kan in enkele gevalle van waarde wees, maar kenners wys daarop dat die misdadiger en messteker, saam met die slagoffers die selfverdediging klasse meemaak.

Veiligheid deskundiges sê die gevaar is dat die aanvaller nog onbekend is, en leer saam met die ander hoe om ’n aanvaller af te weer.

Een van die eerste skole wat met die klasse begin het, is in Kimberley waar messtekers reeds verskeie kere op mede skoliere aanvalle uitgevoer het.