Sjinese oorlogskepe in Australiese hawe

Drie oorlogskepe van Sjina het die afgelope naweek uit die Australiese hawe van Sydney vertrek nadat die skepe ongevraagd, en onaangekondig, besoek gebring het “om verhoudinge met Australië te bevorder”.

Die fout het ingesluip omdat die Sjinese hulle voorneme aan Canberra oorgedra het, maar die inligting is nooit aan Sydney deurgestuur nie.

John Blaxland, ’n professor in internasionale veiligheid en intelligensie studies verbonde aan die Nasionale Universiteit in Canberra het die voorval bestempel as iets wat ’n groot klomp probleme uitlig.

Hy sê die skepe het aangekom vanaf Darling Point en ander strategiese plekke in Sydney se hawe sonder dat mense bewus is van die gebeure terwyl gewapende soldate op die dek van die Sjinese oorlogskepe redelik aggressief gelyk het.