Sjina sal veg vir Taiwan behoud

Wei Fenghe

Sjina sal enige land beveg wat wil probeer inmeng in sy :hereniging” met Taiwan, sê die Minister van Verdediging, Wei Fenghe.

Die opmerking het die minister gemaak om ’n duidelike boodskap aan Amerika te stuur dat hy geen inmenging in Taiwan en in Asië sal duld nie.

Die minister, wat opgetree het by die Shangri-La Dialogue in Singapore het gesê Sjina sal “veg tot die einde”, maar sal nie ophou om Taiwan te beskerm teen buitelandse inmenging nie.

Sjina sal nie toelaat dat enige moondheid tussen Sjina en Taiwan kom nie, en enige poging om Taiwan weg te neem van Sjina, sal die gevolge moet dra.

Sjina beskou Taiwan as deel van sy ryk, terwyl die regering in Taiwan nie geneë is om onder die kommunistiese gesag te dien nie, en aansluiting by die VSA verkies.