Sjina ontwikkel nuwe missiel

Slegs ’n kriptiese boodskap is gestuur en ’n klein foto daarmee saam oor ’n nuwe missiel wat Sjina gelanseer het.

Militariste van Sjina het glo te kenne gegee dat hulle toetse uitgevoer het van ’n nuwe missiel, en dit het glo opslae gemaak in die sosiale media deur leerlinge wat dit lansering waargeneem het.

Die Sjinese kommunistiese Volks Bevrydings Weermag het op tipiese wyse, geswyg en geen aankondiging gedoen nie, maar enkelinge in die militêre mag laat dikwels groot gebeure soos hierdie uitlek.

Waarnemers kon foto’s neem van die missiel wat Sondag lanseer is en wat ’n lang wit streep agter gelaat het toe dit die hemelruim ingeskiet is.

Mense wat die lansering gesien het sê dit lyk asof ’n nuwe onderwater ballistiese missiel getoets is.