SEB ruk belastingbetalers se beurse

Swak en onvoltooide werk by ‘n ontwikkeling in Germiston lei daartoe dat duisende rande verlore gaan met  ‘n R102 miljoen projek wat deur die Ontwikkelings Bank en die Ekurhuleni munisipaliteit aangepak is. 

Die projek is besig om skipbreuk te lei weens die onvermoë van die kontrakteur, TCT Civil & Construction, om die werk te voltooi. 

Swak vakmanskap is maar een van die probleme aangesien die projek reeds in Januarie 2019 voltooi moes gewees het. 

Uitstel tot April 2019 het geen resultaat gelewer nie.  TCT  is volgens hul webwerf verbind tot transformasie en bemagtiging en is ‘n SEB maatskappy. 

Die maatskappy blameer egter ander kontrakteurs vir die vertraging, maar die R5,000 boete klousule wat ingestel is kan R170 000. 

Die Ontwikkelings Bank meen egter dat die konstruksie maatskappy nie skuldig is aan enige swak werk nie.