Sandkasteel – nuwe wêreldrekord

’n Span internasionale kunstenaars het daarin geslaag om ’n sandkasteel te maak wat ’n nuwe wêreldrekord is, maar dit het harde werk gevra om die pragstuk op te rig.

Die sandkasteel is bykans ’n meter hoër as die vorige rekord, en pronk die ruimte in met ’n 17,66 meter hoogte.

Om die massiewe sandkasteel gebou te kry, het die kunstenaars reeds in Meimaand laat begin met die hulp van ’n groot laaigraaf en hyskrane om die 11 ton sand te omskep in ’n pragstuk.

Voor “bouwerk” kon begin, is ’n basis, of fondament van 27 meter deursnit gevestig waarna die finale struktuur begin kon word.

Die groep “bouers” is kunstenaars uit Nederland, Rusland, Hongarye en Pole, en is gebou ter ere van die aanvanklike organiseerder, Thomas van den Dungen, wie se poging twee jaar gelede misluk het toe hy probeer het om ’n wêreldrekord op te stel, en kort voordat alles klaar was, per ongeluk in duie gestort het.