SAL HUB met lugvaart agtergrond asseblief

Na die skielike bedanking van Vuyani Jarana as Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van SA Lugdiens het die SAL Loodse Vereniging nou ‘n versoek tot die regering gerig dat die opvolger van Vuyani iemand moet wees wat oor  “ongeëwenaarde lugvaart kennis” moet  beskik. 

SAL se bestuur het weinig verander van die Dudu Myeni era wat die redery tot by die afgrond van bankrotskap bestuur het; word gesê.

Grant Beck, voorsitter van die SAL Loodse Vereniging, sê dat die voornemende HUB iemand moet wees wat “nie-polities en  onafhanklik” moet kan optree en nie deur ander ondermyn mag word nie.  

Die oproep beklemtoon die verval in bykans alle semi-staats instellings waar onbekwame politiese aanstelling die gevolg gehad het  dat die instellings tans soos ‘n albatros om die land se ekonomie hang.