SABC vra al weer geld

Die bankrot SABC het weer ’n versoek tot die regering gerig om waarborge te gee aan bankiers vir R3,2 miljard om sy verpligtinge na te kom.

Sowat R1,3 is glo geoormerk om die skuldlas te verlig, en die rs om die hoogbesoldigde werkers van die nasionale uitsaaier te betaal.

Sonder die bedrag kan die uitsaaier glo nie sy deure langer oop hou nie, en sal hy genoodsaak wees om sy deure te sluit.

’n Woordvoerder van ’n bekende Afrikaanse kultuurorganisasie sê die uitsaaier kan maar sy deure sluit want die entiteit se aanbiedinge in Afrikaans is so min dat niemand meer ’n rede vind om na sy kanale oor te skakel nie.

Die nuwe bedel aksie van die SABC behoort nie deur die regering toegestaan te word nie, aangesien dit nou reeds duidelik is dat die staatsbeheerde uitsaaier nie oor die vermoë beskik om ekonomies winsgewend te funksioneer nie.