SAA se vlerke finaal geknip?

Die nuutste versoek van SAA vir ‘n verdere reddingsboei van R4 miljard kan dalk die einde beteken van die lugredery. 

SAA se kort-termyn lening van R3,5 miljard verval aan die einde van Junie 2019 met ‘n verdere R9,2 miljard langtermyn lening wat nie gediens kan word nie.

Mike Schussler meld dat die lugredery nou so in skuld verval het dat die einde in sig is.  Eskom se “redding” is volgens Schussler baie belangriker as die van SAA.  ‘n Afgradering deur  agentskappe, soos Moody’s,  is onvermydelik sou SAA nog geld uit die staatskas opslurp.

Selfs Mark Kingston, raadslid van SAA, meld dat nog ‘n  reddingsboei aan SAA die ekonomie van die land duur te staan kan laat kom.