SA se chaos vererger

Fikile Mbabula

Die chaos in die nuwe Suid Afrika word by die dag erger.  Die nuwe Minister van Vervoer, Fikile Mbabula, het sopas aangekondig dat daar in 2018 meer as 1,000 trein botsings plaasgevind het.

Die “goeie” nuus is dat dit slegs 2 % meer was as in 2017. Volgens Mbalula teken dit ‘n stroewe prentjie van die veiligheid rekord van die spoorvervoer industrie.

Prasa het dadelik op die spoor geklim en die verouderde struktuur die skuld gegee. aldus die waarnemende hoof, Nkosinathi Sishi.

Die ANC regering het in 1994 ‘n spoorstelsel op ‘n skinkbord gekry van die NP wat funksioneel was en wat vervoer regoor die land hanteer het. 

In bykans 30 jaar is daar klaarblyklik geen instandhouding of verbeteringe aangebring nie. Die geld wat daarvoor bestem was, het blykbaar voete gekry, sê ’n voormalige spoorweg kenner.

Die moontlikheid is ook daar dat dit spandeer is op wyses wat slegs Prasa en Transnet of Spoornet sal kan verduidelik. 

Fikile erken dat Prasa deurspek is met korrupsie, ‘n gebrek aan leierskap ervaar en vermorsing van openbare fondse ook plaasvind. 

Politieke waarnemers sê dit is ’n merkwaardige erkenning van die ANC se mislukte 30 jaar van regering!

Mbalula het belowe dat hy Prasa binne 100 dae gaan regruk want sy naam is mr Fix.