SA oppad na voedsel krisis

Suid-Afrika is oppad na ’n enorme voedselkrisis weens die onseker  toestand waaronder boere tans probeer om hulle produksie te handhaaf.

Dit is nie net die onduidelikheid oor grondgryp wat boere laat weifel om te produseer nie, want die regering se môre en aand praatjies klop nie, word gesê.

Boere sê hulle kan nie hoë insetkoste aangaan en dan hoor dat hulle plaas deur die regering gegryp gaan word vir swart bemagtiging nie.

Dit eindig ook nie daar nie, want tans is daar ’n enorme water krisis in die land. Benewens die Vaaldam wat ’n riool-dam geword het, is daar minstens 130 of meer watersake wat in die hof teen die owerheid ingedien is, wat miljoene Rand se hofkoste beteken.

Met die miljarde rand van uitstaande skuld wat munisipaliteite aan die Waterraad moet vereffen, is die infrastruktuur ook ’n bron van kommer, want die verval is vir almal duidelik, en niemand verroer ’n vinger om te keer dat dit nie verder inmekaar tuimel nie.

Die faktore, plus die gevaar van natuurlike oorsake soos oorstroming, droogtes, haelstorms en swaar ryp, waarmee die boer elke seisoen te kampe het, is voedselsekerheid ’n al groter risiko, en voeg daarby ’n onvriendelike regering teenoor landbou, dan word die krisis net groter, word gesê.