SA, die beloofde land

Suid-Afrika het oe ’n nuwe, en vreemde demokrasie, soos ander Afrika state geword, en met reg, want sit is net nog ’n mislukte demokrasie van Afrika.

Die beloofde land het toe ’n land van verbreekte beloftes geword, want in die sae van Mandela is stowe en yskaste en huise belowe.

Daarvan het niks bewaarheid gekom nie.

Oor die jare moes ons hoor dat elke nuwe ANC president groot vordering gaan maak en baie werksgeleenthede gaan geskep word. Van die presidente, net soos Ramaphosa nou doen, het van groot buitelandse beleggers gepraat, of dalk gedroom, en ook daarvan het dadels gekom.

In plek van meer werksgeleenthede, het werksgeleenthede al minder geword en het die werkloosheid toegeneem tot waar dit nou vlak onder die 30% staan.

Sonder om t verwyt, kan ons terugkeer na die dae voor die 1994 oorgawe van FW de Klerk en vrotsige onderhandelaar Roelfie, het die “histeriese regses” die slimkoppe van die NP gewaarsku dat al hierdie dinge waarheid gaan word, maar FW het, net soos almal na hom, mense belieg met slim beloftes van eie skole en eie woongebiede en baie werksgeleenthede terwyl sport gaan floreer.

Al wat nou in Suid-Afrika oorgebly het, behalwe vir die werkloosheid en diskriminasie teen blankes, is die beloftes wat nooit waarheid geword het nie, en word die toenemende aanvalle op blankes die een saak waarvoor die Nasionale Party van De Klerk die blaam sal bly dra.

Die sogenaamde beloofde land met sy nuwe demokrasie in Afrika styl, het gegroei tot ’n land van leë en verbreekte beloftes .