Rou riool spoel in Groot Visrivier

Die rioolwater aanleg by Cradock bestaan slegs in naam.  Riool en afval water vloei die aanleg binne en word dan gekanaliseer, onbehandeld, in die Groot Visrivier. 

Die aanleg val onder die bestuur van die Chris Hani distriksmunisipaliteit waaronder Cradock munisipaliteit sorteer.  Die visie van die raad is “om mense eerste te stel en ‘n beter lewe vir al die inwoners te voorsien”. Daarvan kom niks van tereg.   

Die Raad bestaan uit 52 lede waarvan slegs twee Blankes is. Dus word 52 raadslede maandeliks vergoed teen rofweg R38,000 pm. wat  uit die inkomste van die plaaslike munisipaliteite betaal word.

Die burgemeester ontvang nog vervoer- en behuisings toelaes.  Kenners waarsku dat munisipaliteite besig is om die goue gans dood te “bloei”.