Reuse kragonderbreking tref Suid-Amerika

’n Massiewe groot kragonderbreking het Sondag groot dele van Suid-Amerika in donker gehul waarvan Argentinië die ergste getref is.

Uruguay en Paraguay js ook gedeeltelik geraak deur die kragonderbreking wat minstens 50 miljoen mense sonder elektrisiteit gelaat het.

In die grootste deel waar die onderbrekings was, is die krag eers kort voor sononder herstel, maar dit bly nog onbekend wat die onderbreking veroorsaak het.

President Macri van Argentinië het ’n spesiale ondersoek gelas na die onverwagse onderbreking wat ook dele van Venezuela getref het.

Die kragvoorsiener Edesur het later in ’n verklaring gesê die fout was in ’n “elektriese interkommunikasie stelsel” wat onklaar geraak het.