Ramaphosa se nagmerrie

Eers was alle oë op die Eskom-gemors, en toe dit duidelik word dat die ANC regime die miljarde rand gaan op tower om hulle te red van finale ondergang, kom die SABC bedel vir meer as R2 miljard.

Pravin Gordhan het gepraat met Eskom, en nou is die ANC president, Cyril Ramaphosa ook ingespreek met die bankrot kragvoorsiener – om te wat, word gevra.

Met Ramaphosa se doelwit om R100 miljard uit die buiteland te lk om na Suid-Afrika te kom, het in twee jaar ’n ’n enkele duit gelewer nie.

Die rede is duidelik: Niemand rig ’n nywerheid op as daar ’n risiko is dat die nywerheid nie voldoende elektrisiteit gaan kry nie.

Niemand maak ’n duur belegging waar swart werkers bevoordeel word terwyl kundigheid nie in aanmerking kom nie.

Niemand belê in ’n land war die geweldsmisdaad van die hoogste ter wêreld is nie.

Niemand belê in ’n land waar daar daagliks 52 wreedaardige moonrde gepleeg word nie, en niemand wil hier wees waar verkragtings ’n alledaagse geword het nie.