Ramaphosa se Albatros

Ramaphosa se keuse van sy kabinet is besig om sy groot swakpunt te wees, sê verskeie meningsvormers.  Sy besluit om lede van die SA Kommunistiese Party en Cosatu in sy kabinet te behou en aan te stel is besig om vir hom probleme te skep rondom die Reserwe Bank kwessie. Beide die SAKP lede en Cosatu lede is ten gunste van die verandering van die Reserwe Bank se mandaat aangesien dit vanuit hierdie geledere is wat die eerste aandrang gekom het dat die Reserwe Bank of genasionaliseer moet word of dat daar veranderinge moet kom.

Ander lede van die kabinet is of te bang om hulself by Ramaphosa te skaar of is onkundig rondom die saak. 

Indien Ramaphosa nie ‘n duidelike boodskap kan uitstuur wat die regering se plan is met die Reserwe Bank  nie,  gaan beleggers en graderings groepe nie enige steun gee aan die reeds sukkelende ekonomie nie.  Sy aandag en pogings om vegtende faksies binne die ANC onder beheer te kry in plaas daarvan om met stimulerende projekte na vore te kom kan lei tot katastrofiese gevolge.