Ramaphosa onder druk – Ekonome waarsku

Dit blyk dat Suid Afrika se ekonomie ‘n nuwe rekord opgestel het met die swakste groei in die BBP sedert 1945.  

Stakings in die mynbedryf en die voortdurende krag onderbrekings is volgens Mike Schüssler die hoof redes vir die negatiewe groei. Die vervaardigings bedryf is net so hard getref deur krag onderbrekings. Voeg hierby die 60 trokke  wat die afgelope drie weke of gekaap of uitgebrand is deur opstokers.    Ramaphosa het volgens Schüssler  die rekord vir die swakste groei aangesien  drie uit die vyf  kwartale sedert sy bewind aanvaarding negatiewe groei getoon het.  Dit is die swakste van enige SA leier sedert 1945. 

Schüssler meld dat SA tans leierskap nodig het en nie nog ondersoeke en kommissies nie.  Sy raad aan CR is:   “sluit korrupte persone en veraaiers toe”.  Die konstruksie bedryf alleen  het 142 000 werksgeleenthede afgeskaf in die eerste kwartaal van 2019.

‘n Politieke ontleder, Daniel Silke, sê die regering sukkel om besluite te neem en dit kniehalter die ekonomiese groei.