Ramaphosa bevestig grond diefstal is beleid

In repliek op vrae van die EFF het die ANC se president, Cyril Ramaphosa, bevestig dat die sosiale “siekte” van die land nie opgelos sal word sonder om die grondkwessie aan te spreek nie.

Hy het hom dan ook verbind daartoe om toe te sien dat die konstitusie verander sal word wat sal toelaat dat grond sonder vergoeding van eienaars weggeneem sal word. 

Sy mense sal uiteindelik “bo” uitkom sê hy.  Dit volg op Malema se dreigement dat hul volgelinge in ʼn revolusie betrokke sal raak om te veg wat regtens aan hulle behoort, naamlik grond. 

Dit ten spyte van Ramaphosa se herhaalde versekering aan beleggers dat  eiendomsreg in Suid Afrika  nie in gevaar is nie.