R39 miljoen raak byna weg

Me Zuma

Die omstrede Openbare Beskermer het bykans elkeen wat baat gevind het by die eienaardige R39 miljoen uit die Nelson Mandela Memoria fonds ’n redelike kans op oorlewing.

In stede daarvan dat hulle elkeen vasgevat word, find die OB toe dat die Direkteur-generaal wat die onregmatige betalings goedgekeur het, nou alleen verantwoordelik en aanspreeklik gehou word vir die ongerymdhede.

Van die R39 miljoen wat toegeken is aan ene Carol Bouwer Produksies, vir die geleentheid, het R18 miljoen na die kontroversiële Durbanse sakeman en die voormalige ANC president, Jacob Zuma se finans-hanteerder, Mabheleni Ntuli, oorgedra, wat dit weer in die rekening van Zuma se een vrou, Nompumelelo “MaNtuli” Ntuli-Zuma, inbetaal het.

Dit is egter onduidelik wat werklik van al die geld geword het, en die vermoede bestaan dat Jacob Zuma ’n groot deel daarvan na die buiteland geneem het, maar geen bevestiging kon verkry word nie.