Prioriteite misdaad kry nuwe baas

Kolonel “Welcome” Mhlongo

Die Natalse Direktoraat vir Prioriteite Misdade het ‘n nuwe baas gekry. Kolonel “Welcome” Mhlongo is aangewys as die nuwe waarnemende hoof van die eenheid. 

Dit terwyl hy tydens die Zondo Kommissie uitgewys is as iemand wat na bewering kriminele gewaarsku het rondom moontlike aksies teen hulle. 

Hy was ook in “diens” van die vorige waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgings Gesag,  Nomgcombo Jiba,  waar hy gepoog het om die vorige hoof van die NVG  Mzolisi  Nxasana te beswadder.

Waarnemers is van mening dat die aanstelling nie tot voordeel van die misdaad bekampingstrukture is nie, en moes die ANC president ingegryp het om te verseker dat eerbare mens aangestel word.