Premierskap: Britse kandidate in veldtog

Die elf kandidate wat mik om Brittanje s nuwe Eerste Minister te word, het met hulle veldtog begin, en alhoewel daar ’n paar gunstelinge is wat klaarblyklik die beste kans het om te wen, weier almal om summier handdoek in t gooi.

Die amp as premier het vakant geraak na Theresa may bedank het weens die ontevredenheid van die meerderheid parlementslede oor haar ooreenkoms met die Europese Unie vir die beeïndiging van sy lidmaatskap.

Die voormalige Minister van Buitelandse Sake, Boris Johnson, word as gunsteling kandidaat beskou, en kort op sy hakke is drie ander kandidate wat klaarblyklik ook ’n sterk moontlikheid is om die premier te word.

Dominic Raab, die voormalige hoof onderhandelaar, en Jeremy Hunt, die huidige Minister van Buitelandse Sake, is sterk aanspraakmakers.

Die dryfkrag agter die Brexit-EU aangeleentheid was Michael Gove, maar sy kanse het ’n knou gekry toe dit bekend gemaak is dat hy vroeër met dwelms deurmekaar was.