Poetin waarsku VSA oor ekonomie

Vladimir Poetin

President Vladimir Poetin van Rusland het die VSA gewaarsku dat ongebreidelde ekonomiese egoïsme kan lei tot handel en werklike oorlog.

Die president het die opmerking gemaak nadat gegewens vrygestel is van die groot sukses wat President Donald Trump behaal deur die Amerikaanse ekonomie tot rekord hoogtes te neem terwyl hy verskeie vyandige lande betrek het in ’n handelsoorlog.

Poetin het op dieselfde platform as die kommunistiese president van Sjina, Xi Jinping opgetree in St. Petersburg.

Poetin het die optrede van Amerika bestempel as onbillike mededinging, sonder om die praktyk daarvan aan te dui.

Jy het ook te velde getrek ten Amerika se optrede teen die Sjinese vervaardiger, Huawei, asook die belemmering van Rusland se nuwe gas pyplyn na Europa.

Intussen blameer die Russe en Amerika mekaar oor wie verantwoordelik is dat die twee lande se oorlogskepe byna in ’n botsing was in die Sjinese Suid See gebied.