Poetin bekommerd oor VSA-Japan verbintenis

President Vladimir Poetin

President Vladimir Poetin van Rusland het sy kommer uitgespreek oor die militêre samewerking wat nou tussen Amerika en Japan ontwikkel het.

Hy sê Japan was nog altyd in ’n posisie om met ’n sterk weermag sy land te beskerm, maar Rusland respekteer Japan se keur wat hy maak om sy belange te dien.

Poetin het die opmerkings gemaak tydens sy toespraak by ’n ekonomiese forum en bygevoeg dat dit nodig geword het dat Rusland en Japan hulle vertroue in mekaar moet verbeter.

Waarnemers reken die optrede van Amerika om militêre oefeninge saam met Japan te doen, het as ’n skok op Rusland gekom vanweë die strategiese ligging van Japan.

Poetin het ook verwys na die koms van ’n nuwe Eerste Minister in Brittanje, en gesê hy hoop dat dit ’n nuwe tydvak sal inlei vir beter verhoudinge mt die Britte.