Opleidings Hospitaal gesluit

Die Pelonomi Opleidings Hospitaal in Bloemfontein is gesluit tot verdere kennisgewing na ‘n tweede aanval op ‘n studente dokter.

Skaars ‘n week na ‘n voornemende dokter ‘n verkragter se tong afgebyt het in ‘n aanval in die hospitaal,  is ‘n tweede dokter aangerand en beroof . 

Die voorval het in die parkeer area plaasgevind waar drie rowers die dokter beroof het. Eens veilige plekke soos hospitale word nou geteiken deur rowers en verkragters. 

Daar gaan nou ‘n taktiese eenheid ontplooi word om personeel by die hospitaal te beskerm. Sulke voorvalle was ongehoord in die verlede maar die verval in die land sedert die ANC regering oorgeneem het,  het ongehoorde afmetings bereik waar niemand nêrens meer veilig kan beweeg nie, nie op ons snelweë nie,  ook nie in openbare plekke soos hospitale nie, word gesê.