Ope brief aan Ramaphosa

In ‘n ope brief aan Cyril Ramaphosa,  het Melt van der Spuy, ‘n predikant by Essa, die volgende versoek gerig:

“Om u geloofwaardigheid te bevestig vra ek u om u standpunt rondom die voortslepende plaasmoorde bekend te maak.  Daardeur sou u hopelik toon dat u kommer alle Suid Afrikaners, ook  minderheidsgroepe,  insluit. Dit is ‘n gegewe dat kommersiële boere steeds fundamenteel bydra tot voedsel sekuriteit.  U stilte rondom die saak is besig om u reputasie as staatshoof af te breek.  U laat , deur u stilswye, toe dat persone en partye persepsies van haat opstook.  U (CR) se stilte rondom plaasmoorde is tans die grootste vlieg in u salf”.   (vrye vertaling).  Dit sal gesien moet word of selfs die oproep aan Ramaphosa enige reaksie en/of antwoord gaan uitlok”.