Oorlog in Midde-Ooste sal olieprys raak

Ayatollah Ali Khamenei, ’n senior militêre leier van Iran sê die Golf gebied is binne die reikafstand van sy missiele indien oorlog sou uitbreek.

Hy sê die wêreld moet kennis neem dat so ’n oorlog in die Midde Ooste die wêreld se olieprys sal laat opskiet tot oor die $100 per vat.

Alhoewel Iran en die VSA albei te kenne gegee het dat hulle nie ’n oorlog met mekaar sal begin nie, bly die woordestryd voortduur, en is Iran selfs ietwat uitdagend.

Die gevaarlike situasie het ontstaan toe President Trump gevra het dat die leiers weer kyk na ’n nuwe kernwapen ooreenkoms aangesien die “Obama ooreenkoms” steeds ruimte laat vir Iran om kernwapens te ontwikkel.

Met Iran se weiering daartoe het die spanning tussen die twee lande dramaties toegeneem toe die VSA hom onttrek het uit die ooreenkoms.