OB nie ’n Zupta-aanhanger

Busisiwe Mkhwebane

Die openbare Beskermer het alle bewerings verwerp dat sy nie ontplooi is deur die Zuma-regime of die Guptas nie.

Die opmerking kom nadat Busisiwe Mkhwebane deurlopend gekritiseer is en bewerings gemaak is dat sy deel van die Zuma-Gupta komplot is.

Vermoed het ontstaan dat sy met haar oënskynlike vete teen Pravin Gordhan, Cyril Ramaphosa en die voormalige OB, Madonsela, gepoog het om hulle verdag te maak deur verslae en selfs op die sosiale netwerk.

Sy het glo in ’n onderhoud skerp te velde getrek teen diegene wat meen sy is ’n Zuma aanhanger, en gesê sy is nie ontplooi deur die Zupta nie.

Te midde van ’n parlementêre navraag oor haar optrede wat kan lei tot afdanking, het sy voortgegaan en Cyril Ramaphosa te waarsku dat hy nie by magte is om iemand onder kruisverhoor te neem in die Bosasa saak nie.

Sy het ook te kenne gegee dat sy voortgaan met ondersoeke na Pravin Gordhan se optrede en nie gehuiwer om haar voorganger, Thuli Madonsela te kritiseer vir die werk wat sy gedoen het nie.