Nuwe mandaat vir Reserwebank

Ingeligte waarnemers meen die dag kom nader dat Suid-Afrika ’n sogenaamde nuwe mandaat in werking stel vir die SA Reserwebank.

Die argument word reeds gebruik dat Rusland, en ’n paar ander lande in die ooste van Europa ’n wyer mandaat het vir hulle Reserwebank.

Behalwe vir Rusland, is die ander lande maar redelik klein in ekonomiese krag, en selfs Rusland het ’n sukkelende ekonomie wat nie juis getuig van ’n suksesvolle mandaat vir sy Reserwebank nie.

Lande soos Irak, Filippyne, Turkye, Tsjeggiese Republiek en Hongarye is maar oor die algemeen nie sterk ekonomiese lande nie.

Kenners wys egter daarop dat die lande ’n wakende oog hou op moontlike korrupsie in die Reserwebank, maar dit blyk nie veel sukses te lewer nie.

In Suid-Afrika, wat een van die wêreld se mees korrupte land is, sal ’n wyer mandaat nagmerries veroorsaak, word gesê.