Numsa dreig SAA

Vuyani Jarana

Die vakverbonde Numsa en die SA Cabin Crew Association eis dat die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van SAA, Vuyani Jarana, dadelik weer aangestel moet word in sy pos.

Dit volg nadat Jarana aangekondig het dat hy bedank het. 

Die twee vakverbonde sê dat hulle alle vlugte van SAA tot stilstand sal bring indien daar nie aan hierdie eis voldoen word nie. 

Volgens hulle het die regering Jarana nie ondersteun in sy bestuur en besluitneming nie, en sal sy opvolger slegs die sekuriteit van werkers “vernietig”. 

Waarnemers wys daarop dat wanneer ‘n persoon uit eie vrye wil bedank uit ‘n pos is dit sy goeie reg en die druk deur vakverbonde gaan nie maak dat hy beter besluitnemings gaan maak nie.