Nog ’n parlementslid bedank

Bathabile Dlamini

Die president van die ANC Vroueliga, Bathabile Dlamini, het bedank as lid van die parlement, wat aandui dat die ANC in ’n oorlog met homself betrokke is.

Bathabile Dlamini was vroeër ’n minister in die Zuma kabinet, en is nou die sewende voormalige ANC parlementslid en minister wat klaarblyklik nie bereid is om onder hulle nuwe president se heerskappy te dien nie.

Die hoofsweep van die ANC het die bedanking bevestig, sonder om ’n duidelike uiteensetting te van redes te gee.

Politieke ontleders meen die sewe bedankings kan beskou word as gegriefde parlementslede omdat hulle eie president, Cyril Ramaphosa, hulle weggelaat het uit die kabinet met sy jongste aanstellings na die verkiesing.

Die vermoede bestaan egter dat Ramaphosa van die Zuma aanhangers wou ontslae raak, en moes daarmee wag tot na die verkiesing.

Ramaphosa het Dlamini egter vroeër reeds afgradeer na “Minister van Vroue sake, wat ’n onbeduidende pos is, en nou afgeskaf is.