MyCity N2 diens opgeskort

Weens ‘n kontraktuele dispuut tussen MyCity en die Stadsraad van Kaapstad is die diens tussen Kaapstad sentraal en die gebiede Khayelitsha en Mitchellsplein opgeskort.

‘n Kontrak tussen die Stad, Golden Arrow Busdiens en huurmotor assosiasies het verlede week verval en ʼn nuwe kontrak is nog nie beding nie.

Waarnemers wonder oor hoe ʼn raad wag tot op op die nippertjie gewag word om ‘n nuwe kontrak in plek te stel is moeilik verklaarbaar.

Daar is intussen weer ʼn brand gevind by Transnet se werf waar verskeie ongebruikte treinwaens vernietig is.  Dit blyk asof  vervoer van pendelaars  in die Kaapse metro deur onbekwame amptenare, buitensporige eise van huurmotor verenigings en brandstigters tot ‘n stilstand gebring gaan word.