Motor rubriek – Ford Everest 3.2 TDCI XLT

Sedert die verskyning van die vorige generasie Ford Everest op ons land se paaie, was dit een van my persoonlike gunstelinge. Die nuutste weergawe is ‘n voertuig wat, soos die vorige model wat vir alle omstandighede gebruik kon word. Moeder kan dit gebruik om die kinders skool toe en terug te vervoer, die lang pad Kaap toe kan daarmee aangepak word, dit kan gebruik word om ‘n wildtuin te besoek of jy kan daarmee op die strand gaan ry of in die modder gaan speel. Oral is dit ewe tuis. Alhoewel ‘n permanente 4×4 stelsel gepas is met ‘n krag verdeling van 60:40 tussen die voor en agter ewenaar, is dit geskik vir enige gebruik. Die middel ewenaar kan gesluit word slegs wanneer dit in lae strek gekoppel is. Deur gebruik te maak van ‘n ingeboude rekenaar, kan die krag verspreiding plaasvind soos benodig word.

Die nodige beheerstelsels is gepas om uiterste pad toestande te kan hanteer soos byvoorbeeld modder, sand ensovoorts.Die 3.2TDCI Duratorq kragbron word al vir ‘n geruime tyd gebruik en dit verskaf wringkrag van 470NM en krag van 147kW en dit stel die “Fordjie” instaat om bykans die onmoontlike te kan vermag. Die krag en wringkrag is beskikbaar vanaf lae toere en dit kan dus goed gebruik word. Op die snelweg kom dit tot sy reg en kan ‘n gemaklike rit geniet word. Soos reeds genoem is dit geskik vir bykans enige pad toestand.

Wanneer daar ingeklim word, is jy dadelik bewus van die gerief van die voertuig. Dit kan met gemak sewe volwassenes huisves en al die nodige en meer nog toerusting is gepas. Reg voor die bestuurder is die duidelike leesbare instrumente gemonteer met verskeie beheer skakelaars vir die toerusting op die stuurwiel en die SYNC 3 aanraakskerm is in die middel van die instrument paneel gemonteer. Al die nodige toerusting soos radio, lugversorger ens. is gepas.

Die radio se klank is van hoogstaande gehalte met ‘n afsonderlike beheer bywyse van ‘n knop op die middelste gedeelte van die instrument paneel en dieselfde met die lugversorger. Daar is lug uitlate vir die agterste passasiers en binne ‘n kort tydjie word die hele kajuit verkoel na ‘n gerieflike temperatuur.

Die ratkies hefboom pas gemaklik in die handpalm van die linkerhand en die rat oorskakeling vind plaas op so ‘n manier dat dit bykans nie eers opgemerk kan word nie.

Van voorgesien is die blou ovaal embleem in die middel van die sierrooster op so ‘n hoogte gepas dat dit nie mis gekyk kan word nie. Die hoofligte vorm deel van die sierrooster en modderskerms en langs die kant op die voorste modderskerms is daar aan weerskante luginlate gemonteer met inligting betreffende die grootte kragbron wat gepas is.

Aan die agterkant is die geronde bouvorm van die kattebak deksel van so ‘n aard dat die opgaar van stof aldaar tot die minimum beperk word. Wanneer die die kattebak deksel oopgemaak word, is ‘n groot laairuimte beskikbaar en kan ‘n goeie hoeveelheid bagasie gelaai word. Tussen die agterligte is daar ‘n chroom strook gemonteer en is die naam Everest duidelik leesbaar onder die Ford embleem wat daar gemonteer is.

‘n Wye reeks van toerusting is beskikbaar indien u u voertuig verder wil opkikker soos ligte, ‘n bosbreker, allooi wielnawe, groter bande ensovoorts.

Hierdie is ‘n sportnuts voertuig wat geniet en goed gebruik kan word en dit kan aanbeveel word dat dit op u aankoop lys geplaas word vir oorweging wanneer u so ‘n voertuig moontlik wil aanskaf.