Motor kapers hou hiervan

In ‘n verslag deur C-Track, ‘n verskaffer van voertuig opsporings stelsels, is die volgende voertuie die belangrikste teiken van motor kapers.  Volkswagens bly steeds nommer een op die lys, gevolg deur Toyota Hi Hilux, Ford Ranger, BMW X5 en Chevrolet Spark. 

Dit gaan hier oor die aanvraag vir spesifieke voertuie asook die waardevolle items wat in luukse voertuie gevind word.

Kenners waarsku motoriste om veral op hul hoede te wees wanneer hul by hul wonings vertrek of aankom, maar stil strate se stoptekens kan ewe gevaarlik wees.