Mkhwebane steeds bevraagteken

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is nog steeds in omstredenheid gehul weens beweerde dubbele standaarde en ondeurdagte verslaggewing.

In die jongste geval word sy skerp gekritiseer oor haar metode om van die sosiale media gebruik te maak om haar vordering met ondersoeke aan die publiek bekend te maak.

Sy het glo nagelaat om te verduidelik hoe vêr haar ondersoek is met Cyril Ramaphosa wat steeds onder ’n wolk is met die R500,000 wat op sy rekening inbetaal is deur Bosasa.

In ’n tweede aanval op haar werkswyse word sy ernstig verkwalik omdat sy dubbele standaarde sou gebruik deur die persoon wat ondersoek word, geleentheid te bied om sy saak te stel voordat die verslag afgesluit en vrygestel word.

In die geval van Pravin Gordhan is hy nie so ’n geleentheid gegee nie, wat na bewering die indruk wek dat dit ’n heksejag is wat op Gordhan uitgevoer word.

Intussen is daar ook hofsake aan die gang oor haar verslae en word geëis dat sy uit haar persoonlike fondse vir die hofgeding moet opdok.